Musikgarten Musiekondderig met Renee

Musikgarten Musiekonderrig met Renee - Centurion

Musikgarten Musiekondderig met Renee – Musikgarten is die leier in vroëe kindermusiekonderrig. Ons bied ‘n volledige multi-jaar program wat babas, peuters en kleuters help om ‘n diep liefde vir musiek te ontwikkel. Asook die vermoë om daardie liefde uit te druk. Ons het wonderlike CDs van die liedjies wat in die klas gesing word. Ons verskaf ouderdom gepaste instrumente, en handleidings vir die ouers. Hierdie tuismateriale versterk lesse, en betrek die hele gesin by die pret van Musikgarten!

Musikgarten Musiekondderig demonstreer die vele voordele wat kinders wen deur deel te neem aan ons musiek en bewegingsprogram wat musikale, fisieke, emosionele, sosiale en kognitiewe groei insluit. Wanneer musiek en beweging ‘n natuurlike en genotvolle deel van ons kinderjare vorm, kan ons grootliks daarby baat in menigte areas van ons lewens. Taalontwikkeling, selfuitdrukking, geheue vaardigheid, konsentrasie, sosiale interaksie, fyn motorise vaardighede, luistervaardighede, probleemoplossing, spanwerk, doelstelling en koordinasie word alles positief beinvloed deur vroëe musiek- en bewegingsonderrig. Dieselfde geld vir ander areas van ontwikkeling, insluitende kreatiwiteit, versterkte familiebande, selfbeeld, selfvertroue en emosionele ontwikkeling.

Musikgarten Musiekondderig se filosofie word gevestig in hierdie begrip. Musiek en bewegingsaktiwiteite is perfek vir die ontwikkeling van ‘n kind. Musiek versterk die kind se begrip van taal, ontlok beweging, stimuleer die brein en verbeter fisiese koordinasie. Alles in ‘n groepomgewing wat die gemeenskap bou. Waarlik ‘n omvattende ervaring!

Musikgarten Musiekondderig met Renee:

  • Family Music for Babies – (pasgeborenes tot 18 maande)
  • Family Music for Toddlers – (18 maande tot 3½ jaar)
  • Cycle of Seasons – (3½ tot 5 jaar)
  • Musieklesse in Afrikaans en/of Engels
  • Geen lesse tydens skoolvakansies
  • Multi-jaar program vir babas, peuters en kleuters
  • CDs, Ouderdom Gepaste Instrumente, Handleidings vir Ouers

Kontak Inligting for Musikgarten Musiekondderig met Renee:

Webwerf:
www.musikgartenwithrenee.weebly.com

Kontak Persoon:
Renee Sterkenburg

Tel:
074 179 9852

E-pos:
reneesterkenburg@gmail.com

Adres:
140 Hofsangerweg
Centurion, 0154
Gauteng

Latest Listings

Moving & Furniture Removal Companies

Moving & Furniture Removal Companies - South Africa - Wise Move Moving & Furniture Removal Companies - South Africa - Wise Move is a moving companies’ marketplace, where people with moving...

Thai Spa Treatments

Thai Spa Treatments - Pretoria - Kai Thai Spa Thai Spa Treatments - Pretoria - Kai Thai Spa. The Kai Thai brand is all about bringing the wonderful and authentic experiences of traditional Thailand...

Month of Love Specials

Month of Love Specials - Casa Toscana Lodge - Valentines 2022 Month of Love Specials - Casa Toscana Lodge - Valentines 2022. Rediscover romance with our Valentines Specials on Monday, 14 February...

School Kids Transport Services

School Kids Transport Services - Pretoria East - Zippy School Transport School Kids Transport Services - Pretoria East - Zippy School Transport. Looking for safe and reliable school transport for...