Free ListingsSubmit your business listing for FREE!

Onderweg – ’n Musiekstorie van 40 Jaar

Laughing Chefs Restaurant - Rietondale

Jannie du Toit neem die gehoor op ’n boeiende reis van teks en musiek waarin Afrikaans die botoon voer, maar daar is ook pragtige Nederlandse liedjies en ’n skeutjie Frans en Engels by – waaronder liedere van kabaretmeesters Jacques Brel, Bertolt Brecht en Koos Doep. Jannie se fyn aanvoeling vir erns en vir die komiese asook vir die vertolking van wyd uiteenlopende musiekgenres maak hierdie aanbieding ’n genotvolle anderhalfuur se gesofistikeerde vermaak. Die program is ’n gepaste viering van sy meer as veertig jaar van passie vir Afrikaanse musiek.

PG du Plessis se teks vermeng humor met erns, en regisseur Emma Bekker omskep die aanbieding in ’n kragtoer wat Jannie se statuur as meester van die kleinkuns herbevestig –  “Du Toit hou die gehoor gemaklik in die palm van sy hand. Sover dit kabaret aangaan, is daar min Suid-Afrikaanse kunstenaars wat by hom kan kers vashou” – Anna-Retha Bouwer in Beeld.

“Onderweg” is toeganklik vir gehore van alle ouderdomme. Selfs tieners vind dit vermaaklik wanneer daar ligweg die spot gedryf word met hedendaagse gewilde Afrikaanse liedjies terwyl die ouer luisteraars weer heerlik saamluister na liedjies en staaltjies oor sangers van weleer soos Charles Jacobie en Chris Blignaut. ‘n Dubbel CD/DVD-kombinasie met liedjies en beeldgrepe oor Jannie se 40 jaar saam met Afrikaanse musiek asook ’n Koffietafelboek oor sy loopbaan is by die vertoning te koop. Die konsert-dvd wat gedurende 2012 opgeneem is, vorm ook deel van die cd/dvd-stel.

Jannie du Toit se Onderweg – ’n Musiekstorie van 40 Jaar Inligting:

  • Opvoering: Onderweg – ’n musiekstorie van 40 jaar, met Clinton Zerf (klavier) en Susan Mouton (tjello)
  • Waar: Laughing Chefs@Lucit, Rietondale, Pretoria
  • Wanneer: Donderdag, 5 September 2013
  • Tyd: 19:00
  • Kostes: R200, 3-gang ete ingesluit
  • Besprekings:  by 082 823 7846 (Maggie) of 072 511 4946 (Esrida) of info@laughingchefs.co.za
  • Tydsduur: 75 minute
  • Te Koop: Dubbel CD/DVD-kombinasie & Koffietafelboek

Kontak Inligting for Laughing Chefs @ Lucit:

Kontak Persoon:
Esrida, Laughing Chefs

Tel:
0725114946

E-pos:
info@laughingchefs.co.za

Webtuiste:
www.laughingchefs.co.za

Adres:
Laughing Chefs @ Lucit
217 Soutpansberg Road,
Rietondale