Free ListingsSubmit your business listing for FREE!

Die Groot Trek Herdenking 2013

Voortrekkermonument - logo

Dit is die 175ste herdenking van die Groot Trek hierdie jaar, en word op Nasionale Erfenisdag, 24 September 2013, gevier met ‘n Afrikanerkultuurfees by die Voortrekkermonument, Pretoria. Daar sal verrigtinge en vermaak vir die hele gesin wees, asook smullekker tradisionele kosse. Die Groot Trek herdenking word aangebied in samewerking met Afriforum en Rekord, en is ‘n dag waarop Afrikaners hul geskiedenis van die Groot Trek kan vier, en daar sal ook tipies Afrikaanse aktiwiteite wees soos boeresport, volkspele, demonstrasies,’n boere orkes en ook ‘n antiekmark. Gunsteling tradisionele kos soos smullekker koeksusters, potjiekos, souskluitjies, tuisgemaakte konfyt, en vele meer, sal te koop wees.

Die bestuur van die Voortrekkermonument is gereed om Pretorianers te verwelkom met ‘n dag propvol aktiwiteite, en braaivleisvure gaan ook aangesteek word vir die inwoners wat vir die naam Pretoria wil saambraai en hul erfenis wil vier.

Voortrekkermonument - Erfenissentrum Ingang

Die Groot Trek Herdenking 2013 Inligting:

  • Groot Trek Kultuurfees: Piekniekterrein van die Voortrekkermonument.
  • Datum: Dinsdag, 24 September 2013
  • 175ste Herdenking van die Groot Trek.
  • Tradisionele Afrikaanse Kos en Lekkernye.
  • Tradisionele Afrikaanse Aktiwiteite: volkspele, boeresport, demonstrasies, en ‘n boere orkes.
  • Antiek- en Versamelmark: Amfiteater dak.

Voortrekkermonument Kontak Inligting:

Tel: (012) 326 6770 / 325 7885 / 325 0477

Faks: (012) 326 8374

Algemene E-pos: bemarking@vtm.org.za

Straatadres:
Voortrekkermonument Erfenisterrein,
Eeufeesweg, Groenkloof,
Pretoria,
Gauteng,
Suid-Afrika