Free ListingsSubmit your business listing for FREE!

Die Boomhuis

Valentynsdag Piekniek - Pretoria Noord - Die Boomhuis

Die Boomhuis is ‘n kuns en geskenkwinkel asook onthaalplek in Britsweg, Pretoria Noord, en bied ‘n onvergeetlike Valentynsdag piekniek aan, wat ‘n piekniekmandjie vol heerlike lekkernye insluit. Kies tussen ‘n piekniek op die grasperk met ‘n kombers, of aan tafel by kerslig. Die Boomhuis se fasaliteite is ook beskikbaar vir die wat hul eie eetgoed vir ‘n piekniek wil saambring. Die winkel bied Valentynsgeskenke en kaartjies te koop aan.

Valentynsdag Piekniek:

  • Waar: Die Boomhuis, Britsweg, Pretoria Noord
  • Wanneer: 14 Februarie 2014
  • Koste: R350
  • Ingesluit: Piekniekmandjie met allerhande lekkernye
  • Op die grasperk met ‘n kombers of by ‘n tafel met kerslig
  • Fasaliteite ook beskikbaar vir die wat hul eie eet en drinkgoed wil saambring, teen R50
  • Besprekings noodsaaklik

Die Boomhuis Kontak Inligting:

Tel: 078 386 3251

Epos: boomhuiscoza@gmail.com

Webtuiste: www.facebook.com/Boomhuis.co.za

Adres:
Die Boomhuis
Britsweg 546, hoek van Eeufees straat
Pretoria Noord