Free ListingsSubmit your business listing for FREE!

Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur

Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur - Rockwood Teater Pretoria
image source: rockwoodtheatre.co.za

Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur – Rockwood Teater Pretoria Oos. Die enkele vertoning word aangebied deur die baie gewilde Chris Chameleon en Daniella Deysel. Hierdie multimedia musikale projek is gebore uit die begeerte van beide hierdie kunstenaars om buite die kou van hul gevestigde name op vryer vleuels met beeld, klank en kostumering in die ongewone wildernis van hul verbeelding te sweef. In ‘Kat en Wolf’ breek Chris en Daniella weg van die konvensie van hul respektiewelike korpusse en slag die heilige koeie van verwagting, die selfvonnis van beroepsklassifisering en die maak-vir-smaak eise wat gestel word aan diegene wat hul wend tot die waan van ‘n lewensvatbare musiekloopbaanbestaan.

Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur. Kat en Wolf is nie bang vir die donker nie, skrik nie vir bloed nie, is ernstig oor speel en speel met erns. Toonsettings van dele uit die HAT, aanhalings uit kunsgeskiedenis naslaanwerke, die elektrisiteit van seksualiteit en die soeke na die sinvolste verkenning van vals sang is van die onderdele van hierdie aweregse konsertreis. Chris gee ook altyd, êrens in sy vertoning vir gehore die geleentheid om hulle gunstelinge te versoek!

Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur Inligting:

WAAR:
Rockwood Teater, Winkel F92, Parkview Winkel Sentrum, h/v Garsfontein & Netcare Strate, Moreleta Park, Pretoria Oos
KUNSTENAARS:
Chris Chameleon & Daniella Deysel
DATUM:
Woensdag, 24 Oktober 2018
TYD:
20:00
KAARTJIES:
R150 per persoon

Kontak Inligting vir Chris Chameleon in Kat & Wolf Musiekuur – Rockwood Teater Pretoria Oos:

Algemene Inligting / Besprekings:
Voorafbespreking van voedsel en drank
Tel: 012 368 1555
E-pos: bookings@rockwoodtheatre.co.za
Webwerf: www.rockwoodtheatre.co.za

Adres:
Rockwood Teater
Shop F92, Parkview Winkel Sentrum
h/v Garsfontein & Netcare Straat
Moreleta Park, Pretoria Oos
0181