Free ListingsSubmit your business listing for FREE!

Centurion Remediërende Akademie

CRA School - Centurion

Die Centurion Remediërende Akademie (CRA) is ‘n onafhanklike privaatskool geleë in Doringkloof, Centurion, wat leerders vanaf Gr 1 tot 7 help wat leerprobleme ondervind, insluitende disleksie en  aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD). CRA is gestig in 2001, en streef daarna om ouers te ondersteun in hul poging om die beste vir hul kinders te gee.

ADD/ADHD is ‘n neurologiese kondisie en affekteer ongeveer 5% van die bevolking, en 4 maal meer seuns as dogters word geraak. Persone met ADD/ADHD ontgroei nie die kondisie nie, maar leer eerder om daarmee saam te leef. CRA is deel van ADHASA (Attention Deficit Hyperactivity Support Group of South Africa), ‘n nie- winsgewende organisasie wat streef om alle mense te ondersteun rakende ADD/ADHD.

Centurion Remediërende Akademie:

  • Onafhanklike Privaatskool in Doringkloof.
  • Onderrig: Afrikaans.
  • Leerders met leerprobleme, disleksie, aandagafleibaarheids sindroom met of sonder Hiperaktiwiteit (ADD/ADHD).
  • Alle leerders moet deur ‘n professionele persoon ge-evalueer wees vir toelating tot CRA.
  • Bedien groter Centurion en Irene gemeenskappe.

Centurion Remediërende Akademie Kontak Inligting:

Tel: 012 667 3444 / 082 786 5137

Webtuiste: http://www.adhd-school.co.za

Physical Address:
Centurion Remediërende Akademie
Doringkloof
Centurion